Die verbod op tabakverkope het ‘n ernstige impak op die lewe van plaaswerkers en hul produktiwiteit. Koos du Pisanie gesels in Donderdag se program van RSG Landbou met ‘n paar boere van die Noord-Kaap hieroor. Luister nou na hierdie onderhoude.

Die uitbreek van Afrika-varkgriep in die Oos-Kaap het die aandag opnuut op voedselsekerheid geplaas. Ons hoor van Johann Kotzé van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die PLAAS Landboujeugstigting kuddeprojek vorder fluks. RSG Landbou kuier ook saam om uit te vind hoe die kuddes tans wei. Fanie Els, ‘n Braunvieh-teler, brei uit oor hulle betrokkenheid by Unicom Landbouskool en daarna is Francois Hattingh van Unicom Landbouskool aan die woord oor hulle kuddeprojek. Luister nou na hierdie onderhoude.

Chris Derksen is op sy pos met vleispryse en Johan van den Berg praat oor die verwagte weer. Luister nou na hierdie onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Voermol

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.