RSG Landbou gee dikwels dekking aan die droogte en 14 November se program dra weer nuus hieroor. Verskeie rolspelers vanuit verskillende landbousektore het die media onlangs toegespreek oor die impak van die droogte. RSG Landbou het daar met die hoof van Agri SA se Rampbestuursentrum, Willem Symington, gesels en hy praat onder andere oor die effek van die droogte op die plattelandse ekonomie. Luister nou na hierdie gesprek.

‘n Meesterplan vir die hoenderbedryf is tydens president Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie bekendgestel en Aziz Sulliman, die voorsitter van die SA Pluimveevereniging, asook Lionel Adendorf, woordvoerder van die FairPlay-beweging, het met RSG Landbou gesels hieroor. Luister nou na hierdie gesprekke.

Theresa Franken van Rosemary Hill is ook weer aan die woord en sy brei uit oor een van ons inheemse blomme, die malva oftewel Pelargonium. Luister nou na hierdie insiggewende gesprek.

Die program sluit af met die week se vleispryse. Chris Derksen is soos altyd aan die woord met die jongste pryse. Luister nou na hierdie gesprek.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.