Bona Bona Game Breeders se MJ Ernst skop Maandag se aflewering van RSG Landbou af. Hy praat onder andere oor hulle Angus-stoet en hulle veiling wat in Oktober plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Mynboubedrywighede op landbougrond het al vir menige plaaseienaar ‘n kopseer veroorsaak. RSG Landbou-medewerker, Koos du Pisanie, gesels met ‘n omgewingskonsultant, CW Vermeulen, hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is dr Felix Reynders van die Landbounavorsingsraad aan die woord. Hy vertel meer oor sy onlangse verkiesing as voorsitter van die Global Framework on Water Scarcity in Agriculture. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om ook meer hieroor te lees.

Hennie Maas bring RSG-Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bona Bona. Besoek hul webwerf hier.