Die Agbiz Grain-simposium is om die draai. Wessel Lemmer van Agbiz Grain vertel in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou meer oor wat die simposium gaan behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Wouter de Wet is onlangs herverkies as voorsitter van AFMA, wat die veevoerbedryf in Suid-Afrika verteenwoordig. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor verskeie sake in dié bedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Pieter Brönn van Feedtek aan die woord. Volgens hom presteer verse beter wanneer hul rumens optimaal ontwikkel, en hy gee raad aan RSG Landbou-luisteraars hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.