Die stedelike verbruiker van skaapvleis raak al meer kieskeurig. Wanneer word ‘n skaap as vryweidend of free range, geklassifiseer? Jaco van Rensburg van Cavalier gee in Donderdag se aflewering van RSG Landbou meer duidelikheid hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na hierdié onderhoude.

Fanie Vorster van die Landbounavorsingsraad brei uit oor maniere hoe water op ‘n plaas bewaar en bespaar kan word. Luister nou na hierdié onderhoud. 

Matt Pretorius van die Bedreigde Wildlewetrust sluit die program af. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor ‘n oplossing vir ons voëllewe wat deur kraglyne bedreig word. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

 

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.