Wakkerstroom in die Witzenbergvallei, is bekend vir hulle appels en pere, en het verskeie toekennings by vanjaar se Ceres Fruit Growers-toekenningsgeleentheid ontvang. Ons gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou met Fourie Zulch hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is dr Leon Prozesky aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die voorkoms van beesleukose: ‘n kanker wat op die melkbedryf teer. Beesleukose saai verwoesting onder melkkuddes regoor die wêreld. In Suid-Afrika staar meer as ‘n duisend melkprodusente geweldige ekonomiese verlies in die gesig indien die verspreiding van die virus nie stopgesit word nie. Luister nou na dié onderhoud.

‘n Boer van Prieska, Johan van Wyk, kuier ook saam op RSG Landbou en gesels oor van die son-oonde wat hy maak. Luister nou na dié onderhoud.

Johann Kotzé van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie sluit die program af. Hy gesels bedryfsake en oor varkpes wat onlangs op ‘n plaas in Gauteng uitgebreek het. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Klik op die skakel om na die onderhoud te kyk:

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.