Maandag se RSG Landbou-program is propvol. Luan van Walt van Graan SA gee perspektief oor die rekord-sojaboonaanplantings. Luister nou na dié onderhoud.

Die landbousektor is warm onder die kraag na die onlangse minimumloon-aanpassing. Kan boere dit bekostig, en wat staan dié wat nie kan nie, nou te doen? Jannie Strydom, hoof uitvoerende beampte van Agri-Wes Kaap, gee terugvoer hieroor.

Daarna is Leon de Beer van die NWKV aan die woord. Hy verduidelik watter impak slenkdalkoors op die wolbedryf kan hê. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

RSG Landbou kuier by twee boere van die Gamtoosvallei. Noëlle le Roux en Marius Kleyn gesels oor die krisis rakende waterbeurtkrag in die Gamtoosvallei weens die lae Kougadam-vlakke. Luister nou na dié onderhoude.

Hennie Maas bring soos oudergewoonte op ‘n Maandag, RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

Frik Venter gee ‘n vooruitskouing van Nu-Alcade Bonsmaragroep se 30ste produksieveiling. Luister nou na dié onderhoud. Nu-Alcade Bonsmaras.

Genetiese vordering in verskeie beeskuddes in Limpopo kry ‘n hupstoot as gevolg van metings in ‘n bultoetssentrum en die gebruik van die resultate as seleksiemiddel. Lukas Eksteen sluit die program af met ‘n gesprek oor die waarde van die Bufland bultoetssentrum in Limpopo. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

#Landbou #Radio

Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.