Die heel eerste wolveiling van 2020 het op 7 Januarie in Port Elizabeth plaasgevind. Yolandé Roodt, RSG Landbou se medewerker in Pretoria, gesels in RSG Landbou van Woensdag, 15 Januarie, oor die pryse wat behaal is. Luister nou na dié onderhoud.

Daar heers wêreldwyd ‘n biodiversiteitskrisis, veral wat insekte betref. Nagenoeg 40% van insekspesies word tans bedreig. Dr Astrid Jankielsohn van die LNR Kleingraan op Bethlehem, verduidelik wat die oorsaak van hierdie uitsterwing is. Sy vertel ook hoe die landbou kan help om ekosisteme te herstel. Luister nou na dié onderhoud.

Om gesonder te leef is dikwels ‘n nuwejaarsvoorneme. ‘n Bioloog, Henk Griessel, verduidelik watter rol appels speel in die verligting van inflammasievlakke. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.