In Donderdag se program van RSG Landbou vind ons meer uit oor die BKB Skaap- en Wolakademie vir Suidelike Afrika. Johann Stassen vertel ons meer van die baanbrekerwerk wat hul doen om vaardighede in dié bedryf te ontwikkel. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met nuus oor die week se nuutste vleispryse. Luister nou na dié onderhoud.

Volgens Johan van den Berg ervaar Suid-Afrika tans die koudste week van die jaar en ons hoor wat ons vir die res van die maand kan verwag. Luister nou na dié onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Hy gesels dié keer oor die huidige situasie van die rand. Luister nou na dié onderhoud.

Dan gesels Christopher Sparks van Mount Olive Genetics en André van der Merwe van Wouman Brangus oor die Brangus-produksieveiling wat op 30 Julie plaasvind. Hulle brei ook meer uit oor hulle sukses met dié beesras. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.