Om die oorsake van kalfdiarree vas te stel, is makliker gesê as gedaan. Daarom vertel dr Chriché du Plessis van MSD Animal Health ons in Dinsdag se uitsending van RSG Landbou hoe om hierdie siekte aan te spreek. Luister nou na hierdie onderhoud.

 

Daarna kan RSG Landbou-luisteraars meer uitvind oor kameras wat gebruik word as vroeë waarskuwing vir veldbrande. Patric Mosterd van WM Digital Solutions brei hieroor uit. Luister nou na dié onderhoud.

Jaco Pieters van Rumax gesels op RSG Landbou oor die ontwikkeling by voermengers. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die 2020/21-wolseisoen het op ‘n positiewe noot afgesluit, met ‘n 1,5% toename in die gemiddelde aanwyser wat op R162,68 te staan gekom het. In geheel is 12 896 bale aangebied met ‘n algehele verkoopspersentasie van 95,3%. Die meerderheid van die aanbieding het uit Merino-wol bestaan, met 55% van die aanbod wat 20 mikron en fyner getoets het. Heinrich Victor van die OVK-groep brei nou verder uit oor die veiling. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur MSD.

MSD Animal Health is one of the world’s leading animal health companies. The company is dedicated to the research and development, production and marketing of innovative, high quality animal health products and feed additives.

The company’s product range includes vaccines, anti-parasitics, anti-infectives, endocrine products for regulation and improvement of breeding performance, feed additives and productivity enhancers for ruminants, companion animals, pigs and poultry.

MSD Animal Health has always been a research driven company and is proud to have the only South African company-owned research unit in South Africa. This fully accredited Research Unit, based in Malelane, is responsible for both local and international research and development.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.