In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Brocor Auctions en Meerkat Online Auctions oor ‘n wildsplaasveiling wat binnekort by Nylstroom gaan plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Ken jou plaas en ken jou gewasse. Dit is kortliks Dirk Coetzee, senior weidingkundige van Limagrain Zaad South Africa, se raad vir produsente wat hul groenvoerbeplanning vir die winter wil aanpak. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Daarna is Evan Macdonald van Nutri Feeds aan die woord. Hy gee vir RSG Landbou-luisteraars meer raad oor voerkripbestuur. Luister nou na dié onderhoud.

Silvio Ferraris van ReMaCon gesels op RSG Landbou meer oor veilige en beweegbare opbergingsfasiliteite. Luister nou na dié onderhoud.

Volgens Statistiek Suid-Afrika se BBP syfers, vir die finale kwartaal van 2020, het die Suid-Afrikaanse ekonomie met ’n indrukwekkende 6,3%, gegroei. Die landbousektor, het ’n groeikoers van 5,9%, in die vierde kwartaal getoon, danksy ’n toename in die produksie van diereprodukte. Dié sektor se prestasie vir 2020 het op 13,1% te staan gekom. Dawie Maree van FNB brei op RSG Landbou meer hieroor uit. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika

Die bydrae wat die Brahman tot die Suid-Afrikaanse stoet- en kommersiële bedryf gemaak het, veral in die eerste drie dekades na 1960, kan as merkwaardig beskryf word. Sy kenmerkende voorkoms onderskei hom van enige ander tradisionele vleisbeesras in Suid-Afrika. Die skof op sy skouers, groot hangende ore, menigvuldige plooie en kenmerkende kleur het alles bygedra tot die fenomenale groei wat in daardie dae aangeteken is.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.