Die staatsprokureur het SA Jagters onlangs in kennis gestel dat hulle die hofinterdik van Junie 2019, wat die ou, groen vuurwapenlisensies geldig gehou het, wil herroep. Die staatsprokureur is van mening dat vuurwapeneienaars met dié lisensies, genoeg geleentheid gehad het om dit gedurende die drie amnestiegeleenthede, te hernu. Daar is ongeveer 670 000 ou, groen vuurwapenlisensies wat nog geldig kan wees. Fred Camphor van SA Jagters verduidelik in Dinsdag se RSG Landbou wat jou te doen staan as jy nog die ou groen vuurwapenlisensie het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kuier Inge Lotter, ‘n byeboer van Nelspruit, ook by RSG Landbou vandag. Sy gesels oor byemisdaad en hoe boere hulleself hierteen kan beskerm. Luister nou na dié onderhoud.

Willem Barnard van Wilbar Brahmane gesels met RSG Landbou-luisteraars oor sy liefde vir dié dié voorslag-beesras. Luister nou na dié onderhoud.

Dan het Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) drywers geïdentifiseer om die gehalte van sonneblomsaad te verbeter. Hennie Maas gesels met Marion Delport op RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bona Bona. Besoek hul webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.