In Woensdag se aflewering van RSG Landbou verduidelik dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid waarom die ontrekkingstydperke van dipmiddels so belangrik is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die bewaring van aasvoëls is die afgelope ruk onder die vergrootglas, en boere en jagters het hier ‘n groot rol te speel. Boetie Kirchner van SA Jagters gesels op RSG Landbou oor hul betrokkenheid by die bewaring van hierdie voëls. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Terugploeg-projek groei van krag tot krag. Die Atterbury Trust se fasiliteit in Rayton is onlangs op die been gebring, waar die verwerking van vleis en die verpakking van produkte hanteer word. Zahn Hulme van Terugploeg gesels oor hierdie inisiatief en hoe hulle mense in nood bystaan. Luister nou na hierdie onderhoud op RSG Landbou.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.