‘n Alternatiewe trust vir die vordering van vrywillige wintergraanheffings, is vroeër vanjaar deur die bedryf in plek gestel. Jannie de Villiers van Graan SA gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Swartstam, ‘n swamsiekte wat op kanola voorkom, is een van die ernstigste probleme wat kanolaprodusente in die gesig staar. Piet Lombard van Elsenburg gee meer raad op RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna vertel Solomon Molefe sy merkwaardige verhaal aan luisteraars. Hy was vir agtien jaar in die tronk en daar het hy van beesboerdery geleer. Vandag boer hy naby Kestell in die Vrystaat. Luister nou na dié lekker onderhoud.

Heinrich Victor sluit vandag se program af. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste sybokhaar markverslag. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.