Ons kuier in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou in die Oos- en Noord-Kaap. Leon de Beer van die NWKV brei uit oor hulle skeeropleidingsprogram. Luister nou na dié onderhoud.

Marius Kleyn van die Gamtoosvallei vertel vir RSG Landbou-luisteraars hoe die beheer van fynbos kan bydra tot beter waterbestuur. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna gee Joe Scholtz terugvoer oor landelike misdaad en veediefstal in die Noord-Kaap. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Die wolmark het 2% laer teen R159,22 gesluit. Die aanbod was relatief klein en 95,8% van die 8 083 bale is verkoop. Slegs 38% van die aanbod was Merino-wol, met ’n baie klein persentasie volhoubaar geproduseerde wol. Luister nou verder op RSG Landbou na Heinrich Victor van die OVK-groep met meer nuus oor dié wolveiling.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

#Landbou #Radio

Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.