RSG Landbou fokus in Donderdag se program op landbou-opleiding. Duif Joubert en Johan Olivier van Agriskills Transfer gesels oor die tipe opleiding wat hulle bied, asook die verskeie platforms wat hulle gebruik vir opleiding. Luisteraars moet hierdie gesprek nie misloop nie, want dis opleiding vir ieder en elk wat in landbou belangstel. Luister nou na dié onderhoude.

Daarna is dr Astrid Jankielsohn van die LNR Kleingraan-instituut op Bethlehem, weer aan die woord en hierdie keer praat sy oor die Russiese koringluis. Luister nou na dié onderhoud.

Johan van den Berg sluit die program af. Hy gesels soos altyd oor die weer. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.