Dr Theo de Jager van die landbou-organisasie, Saai, gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou oor landelike veiligheid. Hy gee raad aan boere oor hoe om paraat op te tree en gesels ook oor hulle voorgestelde plan wat aan die regering voorgelê is. Luister nou na hierdie onderhoud.

In sy reeks oor soönotiese siektes, praat dr Jan du Preez die week oor papegaaisiekte. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg is soos oudergewoonte terug met nuus oor die weer en Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na hierdie onderhoude.

Christopher Havenga praat met Hennie Maas oor die Nasionale Boran-veiling wat eersdaags plaasvind. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou sluit die program af met Pieter Lund. Hy bring ‘n huldeblyk aan Gerrit Visser wat onlangs oorlede is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.