In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou is Sytze Smit, rasdirekteur van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, eerste aan die word. Hy brei uit oor teelwaardes en genomiese ontwikkeling van die ras. Luister nou na dié onderhoud.

Die wolmark het goed presteer en met 2,1% teenoor die vorige week verhoog om teen R172,63/kg te sluit. Die aanbod het uit 9 640 bale bestaan en volhoubaar geproduseerde wol het 13% van die Merino-aanbod uitgemaak. Heinrich Victor van OVK gee nog nuus oor die weeklikse wolmarkverslag. Luister nou na dié onderhoud.

Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, gesels met Gordon Brown van die Vryburg-omgewing oor hulle voerkraal. Gordon vertel ook hoe hulle spaar met die maak van hulle eie kuilvoer. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika

 

Die bydrae wat die Brahman tot die Suid-Afrikaanse stoet- en kommersiële bedryf gemaak het, veral in die eerste drie dekades na 1960, kan as merkwaardig beskryf word. Sy kenmerkende voorkoms onderskei hom van enige ander tradisionele vleisbeesras in Suid-Afrika. Die skof op sy skouers, groot hangende ore, menigvuldige plooie en kenmerkende kleur het alles bygedra tot die fenomenale groei wat in daardie dae aangeteken is.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.