Die landbousektor het onlangs die groenlig vir lisensie-aansoeke vir selfopwekkingsfasiliteite van meer as 1MW ontvang. Boere kan dus voortaan direk by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, NERSA, aansoek doen vir ‘n selfopwekkingsfasiliteitslisensie van meer as een megawatt. Nicol Jansen van Agri SA verduidelik in Maandag se aflewering van RSG Landbou wat dié proses behels. Luister nou na dié onderhoud.

‘n Brahmanboer van Limpopo, Robert Maapola, deel sy boerderygeheime met Hennie Maas van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Die Onteieningswetsontwerp, wat onlangs aan die parlement voorgelê is, het baie aandag in die media ontvang en dikwels vir die verkeerde redes. Volgens Theo Boshoff van Agbiz lei dit tot die wanopvatting dat die wetsontwerp se enigste doel is om grondhervorming te fasiliteer. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om na die onderhoud te kyk:

Heinrich Victor van die OVK gesels op sy beurt met RSG Landbou-luisteraars oor die jongste sybokhaarpryse. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Lise Roberts aan die woord. Sy gesels op RSG Landbou oor die 2020 Cleaver Awards wat onlangs plaasgevind het. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Hennie Maas sluit die program af. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Nutri Feeds

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.