In Woensdag se aflewering maak RSG Landbou weer ‘n draai by Bona Bona. Bona Bona Game Breeders het tydens die inperking hul fasiliteite verbeter en MJ Ernst gesels meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Die Forum vir Aartappel- en Groenteverwerkers het die regering gevra om die invoer van bevrore aartappelskyfies tydelik te verbied. Dr André Jooste van Aartappels SA verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars wat die redes hiervoor is. Luister nou na dié onderhoud.

Daar word vanjaar ‘n kleiner makadamianeute-oes verwag. Lizel Pretorius van SAMAC, oftewel Makadamias Suid-Afrika, verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars waarom dit so is. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Die wolmark het onlangs positief gesluit met ’n 1,1% toename in randterme teenoor die vorige wolveiling en ’n algehele verkoopspersentasie van 93,27%. ’n Totaal van 6 881 bale is aangebied, waarvan 28% van die wol volgens die verantwoordelike wolstandaard gesertifiseer was. Soos oudergewoonte bring RSG Landbou die volledige wolkmarkverslag. Luister nou hierna.

Die jongste bruto binnelandse produk (BBP)-syfers wat deur Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) vrygestel is, dui op ’n afname van 51% in die tweede kwartaal van 2020. Hierdie vierde agtereenvolgende afname sedert die tweede kwartaal van 2019, het die Suid-Afrikaanse ekonomie in ’n resessie gedompel. Maar ten spyte hiervan het BBP-syfers beklemtoon dat die landbousektor die ruggraat van die ekonomie is. Dr Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, deel sy insigte. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bona Bona. Besoek hul webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.