RSG Landbou fokus in Donderdag se aflewering van die program op die voedingsbehoeftes van wildspesies. Melville Price van Nutri Feeds verduidelik waarom wildvoeding van spesie tot spesie verskil. Luister nou na dié onderhoud.

Johan van den Berg gesels soos altyd oor die weer en dan vertel Chris Derksen wat met die week se vleispryse gebeur het. Luister nou na dié onderhoude.

SA Stamboek se dr Helena Theron kuier ook in die ateljee en sy verduidelik hoe teelwaardes geïnterpreteer kan word. Luister nou na dié onderhoud.

Heinrich Victor sluit vandag se program af. Hy bring luisteraars op hoogte van die huidige veselprysneigings in 2020. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.