Die 2020-kuilvoerkoning: Simpson & Son Farming

Simpson & Son Farming van Shane Simpson in KwaZulu-Natal was die algehele wenners van die 2020 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Simpson & Son Farming se kuilvoerbunker is deur Meadow Voere Natal ingeskryf en het ’n algehele punt van 87,6 behaal. Volgens prof Robin Meeske het talle aspekte van hierdie kuilvoer uitgestaan, maar veral die algehele kompaksie, die bolaagkompaksie, kuilvoerstabiliteit, hoë styselinhoud, hoë energiewaarde en uitstekende preservering het hierdie kuilvoer laat uitstaan bo die res.

Die feit dat hulle verlede jaar in die tiende plek was en vanjaar as wenners uit die stryd tree is ’n besliste aanduiding van die kompetisie se waarde as dit kom by verbeterde kuilvoerpraktyke, het Meeske gesê. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels Shane Simpson oor dié prestasie. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Dr Ronel Roberts van die Landbounavorsingsraad aan die woord. Sy waarsku sitrusprodusente om op die uitkyk te wees vir ‘n siekte wat verwoesting kan saai. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Konsortium-Merino hou binnekort sy 82ste produksieveiling. Gawie van Heerden vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Dewald Barnard, takbestuurder van Rovic Leers in Pietermaritzburg gee raad aan RSG Landbou-luisteraars oor hooimaaktoerusting. Luister nou na dié onderhoud.

Sprinkane teister boere in die Noord-Kaap op die oomblik. Koos du Pisanie RSG Landbou se verteenwoordiger in die Noord Kaap het by Kiewiet Viljoen gaan aanklop om meer hieroor uit te vind. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

#Landbou #Radio

Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.