Die veelbesproke beplande wysiging van artikel 25 van die Grondwet, is een van die besprekingspunte Maandag op RSG Landbou. Theo Boshoff, hoof van regsdienste by Agbiz, verduidelik wat die impak sal wees indien die wysiging sou deurgaan. Luister nou na die onderhoud.

Ruan Schutte, ’n junior ekonoom en bemarker by Graan SA, gesels oor die koringbedryf. Luister nou na die onderhoud.

Daarna vind ons meer uit oor behandelde lusernsaad. Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, het met Dirk van Wyk, ‘n agronoom van MBFI hieroor gesels. Luister nou na die onderhoud.

Hennie Maas gesels met Dewald Olivier, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, oor hulle betrokkenheid by die Onderstepoort-voerkraaluitdaging. Luister nou na die onderhoud.

Maandag is oudergwoonte veilingsdag. Hennie Maas bring die jongste veilingsnuus van die week. Luister nou na die onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.