In Woensdag se RSG Landbou word daar oor die plaaslike produksie van cannabis gesels. Danie Nel van Afriplex verduidelik wat tans wettig is en wat die uitbreiding van cannabis-produksie vir die Suid-Afrikaanse ekonomie kan beteken. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna gesels Riaan Marais van Sybokhaar Suid-Afrika oor verantwoordelike standaarde in die bedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Philip Strydom van die Landbounavorsingsraad is aan die woord oor marmering in vleis en waarom verbruikers al hoe meer daarop let. Luister nou na dié onderhoud.

Yolandé Roodt sluit die program af met nuus oor die jongste wolpryse wat by die onlangse wolveiling op Port Elizabeth behaal is. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.