Die Sussex-beestelersgenootskap vier vanjaar hul 100ste bestaansjaar in Suid-Afrika, In Dinsdag se RSG Landbou gesels ons met die president van die genootskap, Daleen Potgieter. Luister nou na dié onderhoud.

Na Maandag se gesprek met Pieter Buys van die Mangokwekersvereniging, hoor ons watter voedingswaarde mango’s bevat. Chanelle Retief, ‘n dieetkundige van NutriFundi, praat hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna, val die kollig op die veelbesproke koronavirus-uitbreking. Bonné de Bod verduidelik hoe dit op die handel in en verbruik van wild- en wildleweprodukte impakteer. Luister nou na dié onderhoud.

Die program sluit af met ‘n gesprek oor trekkers. Hennie Maas en Stan Jerling gesels weer oor trekkers uit ’n vroeëre tyd. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Brahman-beestelersgenootskap.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.