Glo dit of nie, maar die aanmelding van veediefstalsake is nie beperk tot Suid-Afrika nie – dit is ‘n wêreldwye probleem. Willie Clack van die Veediefstalvoorkomingsforum gesels in Woensdag se RSG Landbou oor statistiek wat onlangs hieroor bekendgemaak is. Luister nou na dié onderhoud.

Die Departement van Water en Sanitasie het besproeiingswatergebruikers 120 werksdae vanaf 18 September 2020 gegee om te voldoen aan GN 34 van 2020, wat vereis dat watermeters geïnstalleer word. Die vergunningsperiode het op 10 Maart 2021 tot ‘n einde gekom. Is hierdie werklik nodig vir effektiewe waterbestuur? Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Daarna gesels Ewie Coetzee oor Feedtek se twintig suksesvolle jare in die bedryf. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika

Die bydrae wat die Brahman tot die Suid-Afrikaanse stoet- en kommersiële bedryf gemaak het, veral in die eerste drie dekades na 1960, kan as merkwaardig beskryf word. Sy kenmerkende voorkoms onderskei hom van enige ander tradisionele vleisbeesras in Suid-Afrika. Die skof op sy skouers, groot hangende ore, menigvuldige plooie en kenmerkende kleur het alles bygedra tot die fenomenale groei wat in daardie dae aangeteken is.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.