RSG Landbou kuier Dinsdag saam met Wessel Lemmer van Agbiz Grain. Hy gesels oor die ekonomie en watter impak die huidige klimaat op silo-infrastruktuur het. Luister nou na dié onderhoud.

Ons kuier ook in die omgewing van Lüneburg in die noorde van KwaZulu-Natal. Dis ‘n Duitse gemeenskap en Johann Schütte praat oor die Drakensberger-beeste waarmee hulle hier boer. Luister nou na dié onderhoud.

Heinrich Victor gee vir RSG Landbou-luisteraars terugvoer oor wolpryse wat by die onlangse veiling op Port Elizabeth behaal is. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Netafim

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.