In Donderdag se aflewering van RSG Landbou, fokus ons op varkproduksie en -voeding. Mashilo Phosa van Chemunique praat onder andere oor die rol wat minerale speel by die voeding van ‘n varksog. Luister nou na dié onderhoud.

Die Agribesigheidsvertrouensindeks het tot 51 punte herstel en Wandile Sihlobo van Agbiz, verduidelik wat hiertoe bygedra het. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

’n Nuwe era vir skaarswild en trofeejag het aangebreek vir die teling van swartwitpense by die bekende Dries Visser van PureBred Game. Uitnemende bulle wat duidelik bo die res uitstaan en streng geselekteer is, word nou onder ’n unieke handelsmerk, New Generation Zambian Sables, geregistreer en bemark. Dries Visser gesels op RSG Landbou hieroor.

Johan van den Berg is soos oudergewoonte op sy pos om RSG Landbou-luisteraars op hoogte te bring van weersake, daarna is Chris Derksen aan die woord met nuus oor die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bona Bona. Besoek hul webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.