Dis ‘n besige tyd van die jaar op die veilingsfront en in Dinsdag se RSG Landbou gesels ons onder meer met James Prinsloo, oor die Jamica Simbra en Brahmane se 7de produksieveiling. Daarna is Willie Anderson aan die woord en hy brei uit oor Maluti Bonsmara-groepveiling. Ro’an van Tonder praat oor Meerkat Online, ‘n inisiatief deur wildboere om te oorleef. Luister nou na dié onderhoude.

.

Daarna is dr Brian Kernick van Feedtek aan die woord. Hy verduidelik waarom aanvullings tydens die kalfseisoen so ‘n groot rol in koeigesondheid speel. Luister nou na dié onderhoud.

Stan Jerling sluit die program af met sy gesprek oor ou trekkers. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.