Die departement van indiensneming en arbeid het onlangs die jaarlikse aanpassing van die nasionale minimumloon vir 2021 gepubliseer. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met verskeie rolspelers oor die minimumloon. Christo van der Rheede van Agri SA, Theo Boshoff van Agbiz en Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie gee perspektief hieroor. Luister nou na dié onderhoude.

Kyk ook na die episode oor die minimumloon hier op Plaas TV / Farm TV:

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag is dit vleispryse. Chris Derksen is eerste aan die woord en brei uit oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat met die weer gaan gebeur. Luister nou na dié onderhoud.

Die Departement van Landbou (DALRRD) het in 2016 vir Leaf Services aangestel om die gradering van graan en oliesade by silo’s te doen. Intussen het die Departement van Landbou onder nuwe insigte gekom en besluit om net die graderingsfunksie, instrumentasie en personeel se vermoëns by silo’s te inspekteer. Leaf Services het op 1 Februarie bekend gemaak dat hul dienste op 1 April landswyd ‘n aanvang neem. Wessel Lemmer van Agbiz Grain brei uit oor die nuwe inspeksiediens wat op 1 April by silo’s begin. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook op RSG Landbou. Hy brei uit oor die huidige witmielieprys. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

#Landbou #Radio

Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.