Talle gerugte doen tans die rondte oor ivermektien as ‘n teenvoeter vir COVID-19. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou oor ivermektien-navorsing, veral vir dieregebruik. Luister nou na dié onderhoud.

Die Landbank se finansiële verliese het onlangs hoofopskrifte gehaal. Christo van der Rheede van Agri SA verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat die rede hiervoor is en hoe dit landbou affekteer. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om na dié onderhoude te kyk:

Die maak van kuilvoer as ‘n belangrike voedingsbron, is daarop gemik om plantmateriaal se voedingswaarde te bewaar en terselfdertyd droëmateriaalverliese te beperk. Dit vorm ‘n integrale deel van veeprodusente se voervloei- en vooruitbeplanning, en dit is belangrikdat goeie kuilvoerpraktyke toegepas word. Suid-Afrika se bobaas hawerkuilvoermaker, Bull van Rensburg van Groenwei Boerdery gesels op RSG Landbou hieroor, asook oor sy prestasie. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.