Hoe lyk die koringaanplantings in Suid-Afrika en wat is die huidige uitdagings van koringverbouings? Diné Pretorius, tegniese adviseur by DNA Plant Science asook Riaan van den Heever gesels meer hieroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Welkome reën het onlangs in droogtegeteisterde gebiede geval en in Donderdag se aflewering van RSG Landbou, vertel Guillau du Toit van Fraserburg wat dit vir boere beteken. Luister nou na dié onderhoud.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se aansoek om verlof tot appél rakende die verskeping van lewende skape, is onlangs van die hand gewys. Gerhard Schutte van die Rooivleisprodusente-organisasie reageer hierop. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Wêreld Waterdag word op Maandag 22 Maart gevier en Jurgens van Loggerenberg van Water Technovation gesels op RSG Landbou oor ’n spesifieke alge wat in water voorkom en die gevare wat dit inhou. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord en brei uit oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika

Die bydrae wat die Brahman tot die Suid-Afrikaanse stoet- en kommersiële bedryf gemaak het, veral in die eerste drie dekades na 1960, kan as merkwaardig beskryf word. Sy kenmerkende voorkoms onderskei hom van enige ander tradisionele vleisbeesras in Suid-Afrika. Die skof op sy skouers, groot hangende ore, menigvuldige plooie en kenmerkende kleur het alles bygedra tot die fenomenale groei wat in daardie dae aangeteken is.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.