Willem Botha van Netafim is eerste aan die woord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor presisiebesproeiingstelsels en veral die beplanningsproses rondom so ‘n stelsel. Luister nou na dié onderhoud.

Elsenburg Landboukollege (oorspronklik Landbouw School) was die eerste proefplaas in Suid-Afrika en is in 1898 deur die staat aangekoop. Terloops, deesdae word daar eerder na navorsingsplase (van die Engelse “research farm”) verwys. Dit is omdat navorsing daar gedoen word en dit nie ‘n plaas is wat ‘n proef ondergaan nie (experimental farm), Maar hoe lyk die toekoms van proefplase in Suid-Afrika? Dr Carel Muller van Stellenbosch Universiteit brei op RSG Landbou hieroor uit. Luister nou na dié onderhoud.

Dan het dr Cletos Mapiye, ‘n vleiswetenskaplike, ook van Stellenbosch Universiteit, onlangs ‘n Afrika-toekenning vir sy navorsing ontvang. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Netafim

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.