William Marais, ‘n boer van die Prieska-omgewing, skop Maandag, 18 November, se RSG Landbou af met raad oor die gebruik van water. Hy vertel onder meer hoe hy slim planne gemaak het met die water op sy plaas. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen wat die weeklikse vleispryse op RSG Landbou verskaf, was onlangs vir ‘n besoek aan Namibië. In hierdie uitsending vertel hy meer oor die veebedryf in hierdie buurland van ons. Luister nou na dié onderhoud.

Die 2019 Old Mutual Landboustudent van die Jaar in die landbou-ekonomie-afdeling, is Michelle Marais. Sy gesels oor haar studies en die werk wat sy onder meer in Zambië verrig het. Luister nou na dié onderhoud.

Dan is Anelisa Matutu, bestuurder van kommoditeite by die JSE, aan die woord. Sy verduidelik hoe die JSE se huidige dieselkontrak werk. Luister nou na dié onderhoud.

Thinus Jurgens van Wildbedryf Suid-Afrika in die Oos-Kaap sluit die program af. Hy gee terugvoer oor die vierde WRSA-kongres wat onlangs in Port Elizabeth plaasgevind het. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Bona Bona Game Breeders.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.