Harde werk, aandag aan detail en ’n sterk geloof is die pilare waarop Vrystaat Landbou se nuwe Jongboer van die Jaar sy boerdery-onderneming bou. Doug Osler van die plaas Fourieshoek in die Fouriesburg-area, is op 13 April 2021 as Vrystaat Landbou se 25ste Jongboer van die Jaar aangewys. Osler, wat die afgelope 16 jaar deel is van ’n familieboerdery waarin hy 25% aandele besit, glo dat uitdagings en terugslae as leerkurwe dien en dat dit ook bydra tot die ervaring wat hy as ’n ‘unieke beroepskeuse’ beskryf. Hy gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou oor sy boerdery en hierdie prestasie. Luister nou na dié onderhoud.

Selfs ekstensiewe produsente sal deur die jaar tye hê wanneer hul onder intensiewe bestuurstoestande met hul Angoras moet boer en gesondheid in die kollig moet plaas. Dr Mackie Hobson, ‘n veearts van Graaff-Reinet, bespreek die basiese riglyne vir gesondheidsbestuur by Angorabokke. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Daarna het RSG Landbou gaan aanklop by ‘n slotmaker. Colin Harding van Master Lock SA vertel meer oor die ontwikkeling van slotte wat vir landbou gebruik word. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas is weer op sy pos met die weeklikse veilingsnuus. Wiep Joubert vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die Bonsmara Genepoel-herfsveiling. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

 

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.