Presisiebesproeiing is waaroor daar in Woensdag se RSG Landbou gesels word. Volgens Willem Botha, bemarkingsbestuurder by Netafim, is daar heelwat veranderlikes wat ‘n rol speel in besproeiing en hy verduidelik wat die voor- en nadele van die verskillende stelsels is. Luister nou na die onderhoud.

Die Williston-skou skop reeds Woensdagmiddag af, ten spyte van die droogte asook bek-en-klouseer. Die president van die skouvereniging, Keith Coetzee, gesels oor die moed, deursettingsvermoë en ondersteuning van die gemeenskap wat die geleentheid aanbied. Luister nou na die onderhoud.

Die jongste wolpryse vanaf wolveilings in Port Elizabeth, word ook vandag deurgegee. Vind uit hoe die nuutste wolpryse vertoon. Luister nou na die onderhoud.

Daarna sluit Frans de Klerk ‘n onafhanklike tegniese analis die program af. Hy bring ons op hoogte van die nuutste witmieliepryse. Luister nou na die onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.