Die plaaslike Suikerrietkwekersvereniging het in Desember sy Home Sweet Home-veldtog geloods. Rex Talmage gesels in Dinsdag se RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Daarna is dr Gerhard Verdoorn van Croplife SA aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor waarom dit krioel van duisendpote in dele van ons land. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Paul Reynolds, ‘n veearts by Warden Dierehospitaal kuier saam op RSG Landbou en fokus op wurmweerstandigheid by skape. Hy is daarvan oortuig dat die antwoord vir goeie wurmbeheer in algemene gesondheids-en omgewingsbestuur, eerder as in chemie, lê. Hy glo ook dat skape tot ‘n sekere mate immuniteit teen wurms kan opbou en geneties geteel kan word om dié parasitiese sondebokke hok te slaan. Luister nou na dié onderhoud.

Heinrich Victor het nuus oor die eerste wolveiling van die jaar en ons hoor van Christiaan van Niekerk van die Suid-Afrikaanse wolkoper, Lempriére. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.