RSG Landbou gee in Donderdag se program terugvoer oor die Graan SA-kongres wat onlangs op Nampopark naby Bothaville plaasgevind het. Lise Roberts gesels met die Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Carin Venter het die 3de RPO/NWKV Oos-Kaap-kongres net buite Queenstown bygewoon. Daar het sy onder andere met HB van der Walt, die voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging in die Oos-Kaap, asook Rolf Pretorius, die voorsitter van die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie, gesels. Izak Staats van BKB Wol en Bokhaar vertel meer oor hoe hulle bedryf tans vertoon. Dirk Strydom en Jo-Anne Bester van OVK sluit die kongres-geselsie af. Luister nou na al dié lekker onderhoude.

Daarna praat Johan van den Berg van Santam Landbou weersake en Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Brahman-beestelersgenootskap.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.