Die paarseisoen en dragtigheid is groot gebeurtenisse in die produksiejaar van ‘n skaapooi. Dr Francois van de Vyfer van Nutri Feeds verduidelik in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hoe ooivoeding tydens dié tydperke bestuur moet word. Luister nou na dié onderhoud.

Astral Foods het op 16 November hul jaarlikse finansiële resultate bekendgemaak. Andy Crocker vertel watter impak Covid-19, die sluit van kitskosrestaurante en veranderinge in verbruikersbesteding op dié resultate gehad het. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Mooiweer of onweer? Johan van der Berg bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met weersake. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kuier Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis ook vandag by RSG Landbou Hy brei uit oor die huidige sonneblomprys. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen sluit die program af met nuus oor die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Netafim

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.