Elke Suid Afrikaanse burger beskik oor die grondwetlike reg dat die omgewing tot voordeel van huidige en toekomstige geslagte beskerm word. Natuurlike woude, bosagtige gebiede en plantasies vorm ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se ekologie en ekonomie en, as sulks, is dit belangrik dat die areas volhoubaar bestuur word. Gelukkig is daar wetgewing wat spesifiek vir hierdie doel ontwerp is. Petrus van der Walt van VDT Prokureurs gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou oor die Nasionale Wet op Bosse. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kuier RSG Landbou saam met Carin Venter op ‘n plaas net buite Port Elizabeth. Sharon Gouws en haar man het ‘n gemengde boerdery en Carin het gaan uitvind hoe hulle onder andere met hoenders boer. Luister nou na dié onderhoud.

Nampo ALFA word vanjaar virtueel aangebied en Johan Kotzé vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer van die wildprogram wat gedurende November gaan plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas hou soos oudergewoonte RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

Marius Ferreira sluit die program af. Hy brei uit oor die Proveld Bonsmara-veiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.