Augustus is vroue-maand en in landbou is daar heelwat vroue wat hul plek volstaan. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels die nuwe rooiwynmaker by Nederburg, Zinaschke Steyn, oor haar loopbaan. Luister nou na dié onderhoud.

Die Noordwes se landbougemeenskap is voorbereid, sou openbare geweld en plundering sy kop in dié provinsie uitsteek. Boeta du Toit van Agri NW, praat op RSG Landbou oor georganiseerde landbou se voorsorgmaatreëls in dié verband. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar veilingsnuus. Lise Roberts bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste veilingsnuus.

Tigane Bonsmaras se -aanteelveiling is die vyfde Augustus op die plaass Goedvooruitzicht, te Hartbeesfontein, in die Noordwes.

Schyff Beefmasters se produksieveiling vind die derde Augutus plaas te Rietfontein, in Bultfontein. Luister nou na dié onderhoude vir meer inligting oor die aanbod wat beskikbaar is.

Luister hier na vorige uitsendings.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur SOILL

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high-quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner. We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce. Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.