RSG Landbou

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, is eerste aan die woord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor wat lesers te wagte kan wees in die Desember-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Geoff Kingwill, ‘n bekende Merino-boer van die Murraysburg-omgewing in die Karoo, is onlangs as voorsitter van die BKB-groep aangewys. Hy vertel in Woensdag se aflewering van RSG Landbou waarom leierskap in hierdie hoedanigheid vir hom belangrik is. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Daarna gee Johnathan Toxopeus van Algar raad aan RSG Landbou-luisteraars oor die oprigting van kampe. Luister nou na dié onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook van by RSG Landbou. Hy brei uit oor wat met die sojaboonprys gebeur. Luister nou na dié onderhoud.

‘n Bonsmara-boer van die Vryburg-omgewing is verlede week as die Landbounavorsingsraad se nasionale kommersiële vleisprodusent van die jaar gekroon. Tiro Mongwaketsi deel sy storie met ons. Luister nou na dié lekker onderhoud op RSG Landbou.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Heinrich Victor van OVK sluit RSG Landbou se program af met nuus oor die jongste sybokhaarpryse. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: AGCO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.