RSG Landbou: 2 Feb 2021 – geborg deur Plaas Media

256

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas, gesels in Dinsdag se program van RSG Landbou oor die Februarie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Dit is nog nie te laat om vee teen slenkdalkoors in te ent nie. Só sê dr Didi Claassen van Afrivet. Sy gesels op RSG Landbou oor dié soönotiese siekte. Luister nou na dié onderhoud.

Die wolmark het hierdie week ’n wesenlike styging van 12,1% getoon en teen R169,71/kg gesluit. ’n Aantal van 13 176 bale is aangebied nadat 2 733 bale voor die veiling onttrek is. Die algehele verkoopspersentasie was 97,2% van dié wat aangebied is. Luister nou verder na Heinrich Victor met meer nuus oor dié wolveiling.

Ettienne Thiebaut van RCL Foods kuier ook op RSG Landbou. Hy brei uit oor hulle slim planne met afval wat by hoenderverwerkingsaanlegte gegenereer word. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou #Landbou #Radio

RSG Landbou is sponsored by Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.