Verlede week het RSG Landbou met Petrus Viljoen van die Agriland Groep oor waterregte gesels. In Woensdag se aflewering van die program, luister ons na Janse Rabie van Agri SA en Nic Knoetze van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Watergebruikersverenigings (SAAFWUA). Hulle gesels oor die hofsake en spesifiek die oordraagbaarheid van watergebruiksregte. Luister nou na dié onderhoud.

Clostridium-bakterieë is verantwoordelik vir siektes soos sponssiekte, harslagsponssiekte, kwaadaardige edeem, baarmoedersponssiekte en gasgangreen. Die besmetting van diere lei gewoonlik tot akute vrektes en dié bakterieë kom baie wydverspreid in Suid-Afrika voor. Woensdag op RSG Landbou praat dr Clint Austin van MSD Animal Health spesifiek oor sponssiekte.

Die Oranjerivier Landbou-unie het op 25 Mei hulle 41ste jaarkongres op Upington gehou. Tydens hierdie geleentheid is Wilco Fourie as die nuwe president verkies. Hy gesels Woensdag op RSG Landbou oor sy visie as nuutverkose president van die Oranjerivier Landbou-unie. Luister nou na hierdie onderhoud.

Volgens Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsel (SAWIS) word die oeskatting van die 2021 wyndruifoes, op 1 461 599 ton beraam. Conrad Schutte van Vinpro is aan die woord op RSG Landbou, oor die jongste wynoesskattingsyfers.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur MSD.

MSD Animal Health is one of the world’s leading animal health companies. The company is dedicated to the research and development, production and marketing of innovative, high quality animal health products and feed additives.

The company’s product range includes vaccines, anti-parasitics, anti-infectives, endocrine products for regulation and improvement of breeding performance, feed additives and productivity enhancers for ruminants, companion animals, pigs and poultry.

MSD Animal Health has always been a research driven company and is proud to have the only South African company-owned research unit in South Africa. This fully accredited Research Unit, based in Malelane, is responsible for both local and international research and development.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.