Die afgelope wintergraanseisoen was als behalwe goed. Produsente lek steeds hul wonde, maar moet reeds begin beplan aan insetaankope vir die komende seisoen. Corné Louw van Graan SA vertel meer hieroor in Maandag se RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou kuier Maandag verder by die Williston-skou saam met Koos du Pisanie en hierdie keer gesels hy met ‘n skaapboer, Francois Jooste, wat ook met hoenders boer. Luister nou na dié onderhoud.

As gevolg van die verbod op die vervoer van lewendehawe tydens dié skou, was slegs perde by die skou toegelaat en Koos het met Ernest Langer gesels oor die verskillende perde-aktiwiteite wat daar aangebied is. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Adri Kitshoff-Botha, hoof uitvoerende bestuurder van Wildbedryf Suid-Afrika, aan die woord. Sy praat onder andere oor trofee-uitvoere. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word die week aan jou gebring deur: BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.