Die Suid-Afrikaanse kersiebedryf het die afgelope seisoen geblom. Calla du Toit van Tru-Cape Fruit Marketing vertel in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou waaraan dit toegeskryf kan word. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas, gesels in Dinsdag se program van RSG Landbou oor die Maart-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Die wolmark het 1% hoër teen R167,44/kg gesluit. Die algehele aanbod was 10 002 bale, waarvan meer as die helfte nie-Merinowol was, met ’n algehele verkoopspersentasie van 94,6%. Heinrich Victor brei uit oor die onlangse wolveiling.

Daarna is Danie Botes van Leaf Services aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hulle inspeksiediens wat op 1 April in die graanbedryf afskop. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Subtropico.

Operating in a healthy group structure with an established marketing network and dedicated personnel, Subtropico is a leader in the fresh produce market agency business. Our main goal is to render an unprecedented service to all our producers. Our producers are our most valuable asset and this is reflected in our business philosophy. Subtropico employs state of the art technology that accelerates the delivery, progress of sales and payments to producers.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.