RSG Landbou: 2 Sep 2020 – aan jou gebring deur Plaas Media

329

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas vertel in Woensdag se program van RSG Landbou meer oor wat lesers te wagte kan wees in die September-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. In dié uitgawe van Veeplaas word daar onder andere gekyk na al die belangrike aspekte rondom aangeplante weidings. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Daar is baie op die spel as dit kom by die bestuur van kleinveekuddes en talle ‘doodsondes’ wat die produsent duur te staan kan kom. Dr Louis du Pisani bespreek sewe van hierdie sondes met RSG Landbou-luisteraars. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Landbou in die Limpopo-provinsie het die laaste paar jaar onder talle uitdagings gebuk gegaan. Dink maar aan die bek-en klouseer-uitbrekings asook die droogte. Deidré Carter, die uitvoerende hoof van Agri-Limpopo, gesels in Woensdag se RSG Landbou oor hulle afgelope kongres en fokuspunte. Dit het op 18 Augustus 2020 via Zoom plaasgevind. Luister nou na dié lekker onderhoud.

Douw van Wyk, areabestuurder van BKB Louwid in die Oos-Vrystaat gesels op RSG Landbou oor die toekoms van veilings, wat tans by ‘n kruispad is. Volgens hom sal die bedyf aanpassings moet maak. Hy brei ook uit oor hoekom biosekuriteit al hoe belangriker raak vir die veilingsbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media