Elanco Dieregesondheid het ‘n opname oor beta-mannanvlakke in veevoer gedoen en dit is waaroor dr Louis Boag in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gesels. Luister nou na dié onderhoud.

Die onlangse stygings in brandstofpryse is ‘n teerpuntjie vir verbruikers, maar soveel meer vir produsente. Veral dié wat voorberei op die winterplantseisoen. Corné Louw van Graan SA gee vir RSG Landbou-luisteraars meer perspektief hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Stephan Pietersen van Work Accident Support, werp lig op die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Die wolveilings is na ’n twee weke blaaskans weer hervat. Die wolmark het met 3,4% gedaal om teen R155,63/kg te sluit. Altesaam 12 231 bale is aangebied nadat 1 153 bale voor die aanvang van die veiling onttrek is. Die algehele verkoopspersentasie was 93,15%. Die aanbod het hoofsaaklik uit 20 mikron- en fyner wolle bestaan, met ’n kleiner persentasie lang wol wat aangebied is. Heinrich Victor brei nou verder uit op RSG Landbou met nog nuus oor die wolmark. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

 

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.