Die afgelope kanola-oes is die beste nóg in Suid-Afrika. Zander Spammer van Southern Oil gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor dié goeie nuus. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Die verbod op alkoholverkope is egter nie goeie nuus vir ons moutgarsprodusente nie. Dr Dirk Strydom van Graan SA werp lig op die stand van sake in RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Hennie Maas aan die woord. Hy het by Kobus Venter van Vertical Farming gaan kers opsteek oor presies hoe vertikale boerdery werk. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou sluit die program af met veilingsnuus. Hennie Maas praat met Gawie van Heerden oor die 81ste produksieveiling van Konsortium-Merino wat eersdaags plaasvind. Luister nou na dié onderhoud

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.