In Maandag se RSG Landbou kuier ons in Pole. Elmarie Helberg van Plaas Media het in 2019 ‘n landbou-mediatoer na Pole meegemaak en sy vertel ons meer oor die sukses van die landbousektor in dié land. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daar is wêreldwyd streng wetgewing oor MRL’e oftewel maksimum residu-limiete wat geld vir gifstowwe op voedselprodukte. Luigia Steyn van Croplife Suid-Afrika verduidelik hoe lande, en self supermarkte, se voorgeskrewe limiete verskil. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna vertel Gawie van Heerden van Konsortium-Merino vir Hennie Maas meer oor watter veilings hulle tot in Maart vanjaar gaan aanbied. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.